Hugo

Zeallous Racing by Interskole

HSS Interskole Banner

Zeallous Racing het op Saterdag die 9de Augustus ‘n groot uitstalling gehad by Hoërskool Stellenbosch se Interskole teen Montana.  Daar was ‘n groot tent met al die F1 spanne van HSS se karretjies, klere, portefeuljes en nog vele meer.  Dit het ongelooflik gelyk.  Saam met Zeallous Racing het Stellenbosch Motors, Eikestad Motors en Vuka Stellenbosch ook uitgestal.  Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het.  Besoek gerus www.stellies.com vir die uitslae van die Interskole.